Deur D.Henning
Gepubliseer op 29 Maart 2025
Soos ’n storm het ek oor jou gegaan,
verby soos reën wat teen die grond slaan.
Verlore in ’n kop vol gedagtes en mense,
soos diere wat vergaan en verdwyn in hul grense.
Daar’s net stof oor van wat ons eens gehad het.
Jy laai my soos klippe in jou sak,
tot ek sink en die bodem tref
van nóg ’n leë bottel – nóg ’n nag.
Vir jou om te lewe,
moet jy my los.
Die papierboot sal sink as jy hier bly dink.
Vergeet my.