Deur D.Henning
Gepubliseer op 26 Maart 2025
Gaan voort, verwar my siel.
Hou my asem op tot ek skeur.
Ek het myself verniel,
twyfel of ek ooit die pad sal sien.
Verdwaal in strate,
tussen geboue wat moeg verdien.
Ek stap sonder skadu,
verlore in ’n stad wat my nie ken nie.