Deur D.Henning
Gepubliseer op 8 Maart 2025
Ek is ’n tydlose masjien,
in ewewig, maar tog in verlies,
bewus, vasgevang - beheer verdwyn,
soos 'n stroom wat stil terugtrek met die see.
Sonder spog, sonder son skyn,
sink ek af, stil en klein,
onder water, hoe dieper ek delf
vind ek, half verlore, myself.