Deur D.Henning
Gepubliseer op 3 April 2025
Ek lê die eerste steen met hoop,
’n fondament diep en sterk gebou.
Die wêreld staar, hul roep my oop—
maar my hande bly aan my toring trou.
Hul sê ek moet kyk na wat reeds staan,
na brûe, na paaie, na torings vanaand.
Maar wat baat ’n vesting wat nie myne is nie?
Al klim ek hoër en sien ek niks nie.
Want iewers anderkant die grys,
bo die wolke, lig en vry,
wag ’n wêreld wat net ek kan sien—
’n toring gebou uit drome en steen.