Deur D.Henning
Gepubliseer op 5 April 2025
Ek het oor strate van twyfel geloop,
waar elke voetstap soos skuld kom kloof.
Paaie, nou en wild verbreed,
waar ek meer as een keer teer geproe het –
bitter, warm, en sonder genade.
Maar selfs stof het geheue,
selfs knieë ken gebed.
En uit die as van skaam en skande,
staan ek op – nie sonder skade nie,
maar met staal in my stand.
Want dis nie die val wat my vorm nie,
maar die stilte ná die skree,
die asem wat ek steeds vat,
die lig wat ek kies om te sien
in die donker van wat ek was.