Deur D.Henning
Gepubliseer op 1 April 2025
Ek staan en wag waar spore kruis,
waar treine kom en treine ruis.
Soms te haastig,
soms te stadig.
Elke stasie het sy eie tyd,
sy eie pad, sy eie stryd.
Nie elke trein is vir my bestem nie,
die resies is ook nie my wedren nie.
Ek mis soms ‘n kans
om my trein vroeg te kry,
maar die pad hou steeds balans—
nie elke reis vra dat ek bly.