Deur D.Henning
Gepubliseer op 28 Maart 2025
Verlore tyd verander soet na bitter,
die hart se wonder oordeel die dade.
Tik na tik, die vingers sidder,
gevang in take sonder grade.
Sleutelbord knoppies klop ritmies saam,
soos 'n hart wat lankal moeg geslaan het.
Niks meer om te soek nie,
net 'n gesig moeg gestaar.
Niemand wat roep nie,
die skerm wat woorde baar.