Deur D.Henning
Gepubliseer op 17 April 2025
Met snawel soos 'n krom gekerfde swaard,
sny jy deur wind en water se baard.
Jou keelsak, ’n skepnet van skewe prag,
dra stories van oseaan tot laaste dag.
Jy dryf soos stilte op 'n gladde meer,
maar jag met presisie – keer op keer.
’n Meester van wag, jy verstaan die tyd,
en sluk dan die lewe in een enkele gly.