Deur D.Henning
Gepubliseer op 14 Maart 2025
Ek weet nie wat van my gaan word nie,
maar ek laat nie my gedagtes in een stort nie.
Hoe sal jy my onthou?
Warm, genadig, still - Wat was ek vir jou?
Het ek vir jou vreugde gebied of net woede gebring?
Was ek daar as jy hartseer was of as jou hart gelukkig sing?
Dalk roep ek nie genoeg nie - herken jy nog my stem?
Ek glo vas en vertrou so, anders het afstand die rondte gewen.
Soveel vrae waar ek glo daarvoor antwoord is,
vir nou, net vir nou, moet jy sag saam die ander rus.
Maar aan jou, onthou, asseblief - dit wat jy sal vergeet,
dat die liefde wat jy gedeel het, steeds in my hart steek.