Deur D.Henning
Gepubliseer op 11 April 2025
Ek is moeg om te bedel vir krummels
by tafels wat ek lankal ontgroei het —
waar gesprekke hol is,
en my stilte die enigste sin maak.
Ek bring nie meer my honger
na plekke waar ek myself moet verklein,
waar ek my waarde moet verduidelik
tussen bekers vol oppervlakkigheid en fyn beskermde trots.
Ek kies nou die vrede van afwesigheid
bo die geraas van onopregte teenwoordigheid.
Ek is nie kwaad nie —
ek is net vol, klaar,
en stil beskikbaar vir wie ook groei verstaan.