Deur D.Henning
Gepubliseer op 13 Maart 2025
Daar is ‘n stadium waar die gedagtes
nie in my tas sou pas nie.
Waar ek nie gebind en verdrink
aan die verantwoordelikheid was nie.
Die verlore legkaartstukke is nou wat ek kort,
om my te verlos van gedagtes, voordat ek voltooi kan word.
Maar in die soektog na wat eens verlore was,
strooi nostalgie sy lig oor my pad se las.
Verbleikte herinneringe kry weer kleur,
die verlede fluister sag, soos ‘n vriend se seer.
Elke oomblik wat ek eens wou vergeet,
bring nou 'n warmte wat in my siel oorleef.
En al was ek gebreek, versplinter, verlore,
is ek nou heel – gevou in tyd se ore.