Deur D.Henning
Gepubliseer op 18 April 2025
Druk my stukkend in jou arms,
waar stiltes sag in harte gloei.
Laat jou asem teen my siel versag —
want jy's die rustigheid wat ek nooit groei.
Breek my hart, maar breek dit mooi,
soos glas wat in lig weerkaats.
Elke krakie dra jou naam,
elke stilte wat ek waag.
Hou my net ’n bietjie langer,
laat my verdwaal in wat ons was.
Want ek mis jou nie net soms nie —
ek mis jou met elke pas.