Deur D.Henning
Gepubliseer op 23 Maart 2025
Ek loop die pier af, stadig, sonder doel,
die wind klou aan my soos ’n ou gevoel.
Elke tree raak ligter,
elke sug ’n see van stilte.
Ek kyk af –
na waar ek eindig en die water begin.
Een druppel,
weg in ’n wêreld in.
Nie verlore nie,
maar vervloei,
soos ek –
’n leemte wat leer hoe om te groei.
Kommentaar -