Deur D.Henning
Gepubliseer op 15 Maart 2025
Wanneer jy alleen is, wanneer jy voel jy buig en is krom,
as dit te koud raak en jy ineen wil stort,
sal ek ’n lig vir jou wees waarheen jy kan kom.
Ek sal vir jou skuiling gee waar jy warm kan word.
As jy alleen voel, verdwaal in ’n donker bos,
wanneer dit voel asof niemand jou soek nie,
sal ek vir jou ’n liggie aan los.
Roep eerder vir my –
jy hoef nooit weer in ’n koue bed te lê nie.
Ek bou graag ’n huis vir jou,
ek wil net nooit weer totsiens vir jou sê nie.