Deur D.Henning
Gepubliseer op 16 April 2025
Ek dra jou lig, soos ’n lied op my rug,
deur vlak waters, sonder gesukkel of sug.
My skouers voel swaar, maar my hart is lig —
want elke klein tree dra ’n groter gesig.
Dis nie altyd die berg wat roep vir krag,
maar die klein klip wat jou pas vertraag.
So lig ek jou op, sonder groot gebaar,
maar jy sal onthou – ek was daar.
’n Sagte woord, ’n hand wat strek,
kan rigting gee aan wat anders breek.
’n Gloed in die donker, ’n glimlag vir pyn –
’n druppel wat rimpels maak op ’n see vol klein.