Deur D.Henning
Gepubliseer op 16 Maart 2025
Dis om tente te bou met komberse,
en te lag tot jy moeg begin voel.
Om onder jou bed 'n wêreld te bou,
waar verbeelding altyd woel.
Om op 'n skaatsplank wind te vang,
sonder vrees vir seer of val,
jou knieë rou, jou hande rooi –
maar jy’t geen grense in jou tal.
Jy wou groot wees, vinnig, vry,
maar nooit jou gees verloor nie.
Jy’t geglo jy’s sterker as tyd,
al wou my ore dit nie hoor nie.
Maar groei bring lesse sonder klank,
en wysheid, stil en swaar.
Jy leer dat drome ook kan breek,
maar steeds hul skoonheid baar.
Nou bou jy tente met herinnering,
en hoop wat stadig groei.
Jy dra die kind steeds in jou hart,
waar vreugde oor water roei.
Kommentaar - ek was omtrent 34 jaar oud toe ek die laaste keer myself in die hospitaal in geval het met 'n skaatsplank. Toe ek 21:30 die aand by kom het ek hoog en laag gesweer dit ek nie in my lewe weer dit sal doen nie. Ek word oor 'n maand 37 - ek skaats nogsteeds, maar was nog nie weer in die hospitaal nie. Belofte - nog nie gebreek nie. 😎