Deur D.Henning
Gepubliseer op 21 Mei 2025
Die sirkels wat ons teken in die lug
kom altyd terug na waar hulle begin—
elke woord wat jy saai in die wind
word 'n oes wat jou eie hande in bring.
Gee jy liefde, dan dans dit terug
soos reëndruppels wat in kringe val,
elke glimlag wat jy wegskink
word 'n son wat in jou eie venster skyn.
In die eindelose kringloop van gee en kry
lê die geheim van ware geluk:
dat elke saadjie van goedheid
'n tuin van vol vrugtre in jou siel laat pluk.