Deur D.Henning
Gepubliseer op 27 Maart 2025
Jy is soos ’n Jakaranda in vol pers prag,
’n skoonheid wat bloei ná ’n storm in die nag.
Al ruk die winde, al reën dit seer,
staan jy steeds sterk, keer op keer.
Selfs die winde kan nie jou takke breek nie,
jou wortels bly diep – geen wurm jou verteer nie.
So blom, my vriendin, laat die wêreld sien,
jou kleur, jou krag – meer as net dien.
Jou blomme moet sproei oor elke straat,
net jóú kuns kan die wêreld weer mooi maak.