Deur D.Henning
Gepubliseer op 12 April 2025
Om by mekaar te kom — dis in ons bloed,
’n heimwee wat selfs stilte verstaan en voed.
Al ken ek jou nie, voel ek jou stem,
’n klop in my bors, soos ’n lied sonder rem.
Saam met vreemdes, in ’n straat se gedruis,
staan ek en skree — en tog voel dit tuis.
Want iewers deel ons dieselfde pyn,
ons stories gevou in dieselfde grein.