Deur D.Henning
Gepubliseer op 15 April 2025
Pas my soos blokkies in ’n groter prent,
waar elke lyn en vlek ’n storie ken.
Kleur my legkaart van die lewe in —
met geel se hoop, en blou se wind.
Rooi vir die drome wat vuur in my dra,
groen vir die groei ná elke blaaskans of ja.
Pers vir herinnering, stil en sag,
wat oor my siel soos laventel wag.
So kleur ek die wêreld waar ek gaan,
een streep op ’n muur, een glimlag spontaan.
Want al bly die lewe soms vaal en flou,
bring ek my palet, en kleur dit gou.