Deur D.Henning
Gepubliseer op 9 Maart 2025
Jy laat my dink aan die Drakensberge,
hoog en diep – soos my liefde vir jou.
Soos veldgras wat in bergwinde sweef,
jou lag wat alles om ons laat leef.
Jy’s die groen van lente, 'n vars, helder gloed,
’n lig in ons lewens, waar liefde en vrede ontmoet.
Jy’s die vuur in my lewe, wat nooit 'n brand stig nie,
jou glimlag so helder, niks anders kan my dae verig nie.
Tot die laaste sekonde wat die wyser sal kom,
sal jou hazel oë, my dogter, ons klitsgras in blomme laat blom.