Deur D.Henning
Gepubliseer op 17 Maart 2025
Die golwe van die lewe
kan my rol en spoel.
Vol hoop om weg te swem,
iets waarheen ek kan strewe.
Maar ek dobber soms in stilte,
net bo water, net genoeg.
Nie altyd aan die stuur nie –
ek laat gaan, word uitgespoeg.
Vir my, om teen die golwe te veg,
is nie die manier om te wen nie.
Maar om vorentoe te beweeg,
op die regte golf – dán is daar ’n weg.