Deur D.Henning
Gepubliseer op 21 Maart 2025
Wanneer ek kyk na die diere –
is ek gehok tussen vier mure.
Hulle is rustig in die natuur,
gejaag deur niks, net kalm van geur.
Ek sien daagliks hoe die kangaroes staar,
met groot oë wat kalmte baar.
Met stilte wys hul wysheid,
’n wisseling van kyk – nie toevallig nie, maar doelgerig.
Hulle wag nie vir die volgende taak nie,
in rus bereik hulle meer deur nie een woord te praat nie.
Ek meet my waarde aan my gejaag,
hulle meet dit met gras en natuur – sonder enige weerstand.
Kommentaar - Die foto van die kangaroes is geneem in my agterplaas, daar is 'n heining wat ons skei, maar elke tweede oggend as ek hulle sien, kyk hulle terug na my toe. ’n Kangaroe kan jou aankyk soos ’n ou tannie wat al my lewensbesluite van 10 jaar terug beoordeel – sonder om ’n woord te sê. Natuurlik staan ek aan die ander kant soos ’n droog gekookte hoender borsie in Crocs, sweet op mybolip, kamera in die hand, alles net om 'n kiekie te kry - maar tog maak dit my bly om sulke fotos te kan neem op my eie tyd.