Deur D.Henning
Gepubliseer op 20 April 2025
Jy voer my met stil wysheid,
jou woorde val soos brood op water.
Jy leer my taal sonder skrif,
net met dade — dag ná dag, later ná later.
Jy hou my hand, deur storm en son,
jou skadu bly naby al staan jy stil.
Met elke tree wat my kinders gee,
is jou stem steeds die een wat wil.
Jy bou my met jou asem,
jou siel gevleg in elke raad.
En nou leer ek hul —
met jou liefde,
as fondasie,
as saad.