Deur D.Henning
Gepubliseer op 09 Mei 2025
Honderd jaar — 'n asem in tyd se bors,
'n voetspoor wat stadig in klip word geskorf.
Van kraambed tot kruitveld, van stilte tot lied,
dra tyd sy stories in lag en in verdriet.
'n Eeu is nie net dae wat val op mekaar,
maar hande wat bou, en harte wat bewaar.
Dis skadu's teen mure wat lankal vervaag,
waarvan die gees nog in stilte vra:
Wat het jy geplant toe die grond nog gegee het?
Het jy geluister toe iemand wou weet?
Honderd jaar kan ’n mens se naam stil hou,
of ’n vlam laat brand — stadig, getrou.