Deur D.Henning
Gepubliseer op 19 April 2025
Soos liggies een vir een verdof,
raak ek vasgevang in my eie kop.
Wat helder was, word nou verskroei —
’n vreemdeling in my eie loop.
Ek klim en daal die trappe van rede,
elke tree ’n sirkel sonder rus.
My denke bou ’n doolhof van twyfel,
waar waarheid verdwyn in stof en sus.
Wat ek voel en wat ek glo
staan teenoor mekaar soos nag en dag.
My brein, ’n bril wat skeef kyk —
en tog volg ek steeds sy vrag.