Deur D.Henning
Gepubliseer op 10 Maart 2025
Daar lê 'n dorpie tussen heuwels sag,
waar mis oor die gras soos 'n kombersie wag.
Die wind fluister stil oor waters breed,
waar riviere hul stories in golwe meet.
Die berge vou hul skadu's neer,
'n skildery wat dryf, wat kom en keer.
Die damme blink, 'n spieël van tyd,
soos ons vriendskap – eers vry, toe wyd.
Ons gooi lyne diep, hoop vol gewig,
wag vir 'n byt, 'n teken, 'n lig.
Glimlagte speel oor die water se rand,
drie vriende, vasgevang in sand.
Maar soos sonlig deur die mis skyn
het ons stories oor tyd verdwyn.
Nog steeds bly Dullstroom soos daardie dag,
sy damme kalm, sy lug so sag.
En al het ons paaie lank reeds geskei,
sal ons gedagtes van die dae by water bly.