Deur D.Henning
Gepubliseer op 24 Maart 2025
Ek het stadig deur jare oud geword,
in voetspore wat die wind verslind het.
My stem sagter, my plek soms vergete,
maar my dade – dié het bly staan.
Ek was ’n brug oor warm sand,
’n skadu oor ’n kind se branderhand.
Al het ek self nooit stil gebly nie,
het ek ander nooit in die vuur verlei nie.
Elke koning drae sy kroon,
ek drae eelte op my hande.
in ander se gedagtes onthou –
soos vrede van die wind wat oor my ontvou.