Deur D.Henning
Gepubliseer op 7 April 2025
Langs Victoria se goue rand,
staan huisies – skouer aan skouer, hand in hand.
Nie vir woon nie, nie vir rus –
maar as kleur teen die wind se driftige kus.
Elke planke-patroon ’n stille vertelling,
in rooi, geel, blou – soos kinderdrome se bestellings.
Geen stoof wat smeul, geen naglamp wat gloei,
maar tog, ’n warmte wat deur hul teenwoordigheid bloei.
Want selfs sonder mure wat binne kan beskerm,
bly iets van 'n huis ’n idee.
Dat al woon niemand daar nie,
dat dit nogsteeds skuiling kan gee.
En so leer Brighton se strand my stil:
Dat selfs leë huisies kan doel vervul.
Nie alles wat leeg is, is sonder sin,
party goed skyn van buite af in.