Deur D.Henning
Gepubliseer op 11 Maart 2025
Branders bring my tot bekering,
in ’n oogwink, met ’n bondel liefde omring.
Deur storms, die hael,
word ek gevorm—my pad bepaal.
My oë verblind deur weerligstrale,
’n reis vol moed, sonder wantroue, my lewe nou op jou gerig.
Jy, die seun, ’n seën—myne,
jou naam weergalm oor sellulêre seine.
’n Handjie, klein en sag, wat aan myne klou,
my oë, jou oë, ons s'n, blou.