Deur D.Henning
Gepubliseer op 17 Maart 2025
Ons kul jou hier, ons kroek jou daar.
Ons kan, want jou aandag is afleibaar.
Jy word gegee wat jy wil sien,
in 'n wêreld van ’n algoritme masjien.
Ons gee en gee wat jy wil hê,
jy blaai eindeloos terwyl jy in die bed lê.
Ons vergeet van handkommunikasie en lyftaal wat kan ruk,
alles verlore, net om te beïndruk.
Maar kyk op, net vir ’n oomblik of twee –
’n werklike wêreld wag buite die web se snee.
Miskien, as jy luister, hoor jy hoe waar dit is:
Jou aandag is mag – en jy’s besig om dit te mis.