Deur D.Henning
Gepubliseer op 9 Maart 2025
Maar dit beteken nie ek wil net leef, werk, slaap, en weer van voor af begin nie.
Nee, ek glo in oorspronklike ontsnapping. Nie weg van die lewe af nie, maar deur die lewe. Deur woorde wat vloei soos water oor ‘n gladde klip. Deur gedigte wat emosie in ritme verander. Deur ‘n foto wat ‘n oomblik vries en sê: "Hier was ek. Hier was iets mooi."
Ek maak nie kuns vir ‘n gehoor van duisende nie. Soms is my enigste gehoor my worshond, wat met ‘n skewe kop luister en net half verstaan - maar in haar verdediging, sy is ‘n worshond, nie ‘n literêre kritikus nie. Maar dit maak nie saak nie, want dit gaan nie oor goedkeuring nie. Dit gaan oor die vreugde van skep. Oor die oomblik wanneer ‘n eenvoudige dag iets besonders word omdat ek dit in kleur, klank of woorde vasvang.
Ek leef nie ‘n lewe wat mense as buitengewoon sou beskryf nie, maar ek het iets ontdek—die buitengewone lê nie noodwendig in beroemdheid of geld nie. Dit lê in die klein, mooi dinge wat ek in die wêreld bring, net omdat ek kan.
En dít is vir my genoeg.
Ek hoop jy, my liewe leser, kry ook genoeg en biekie genot uit my algemene stukkie plaksel op die web.