Deur D.Henning
Gepubliseer op 30 April 2025
Die wêreld is vreemd, maar ek is ook.
Die wêreld het ’n vreemde manier om jou uit te put sonder om jou ooit regtig te vul.
Jy kry dít gedoen, jy beantwoord daardie e-pos, jy klik “reply all” terwyl jy binne-in fluister: "Ek het tog iets anders bedoel met hierdie lewe."
Dan skryf ek.
Nie vir geld nie.
Nie vir erkenning nie.
Net om te onthou wie ek is buite al die kodereëls, databasisse, programmeringsfoute en betekenislose sperdatums.
Ek maak kuns.
Nie goeie kuns nie – nie vir ’n galery nie – maar vir daardie eensame stukkie regterbrein wat vra: “Is ek nog wakker daarbinne?”
Ek vra myself gereeld.
Dis Nie Die Produk Nie – Dis Die Proses
My brein is gebou met beide hande. ’n Linker een wat meet, tik, beplan. ’n Regter een wat kleur, droom, sing.
Ek het al geleer dat as jy net werk met een hand, raak die ander een lam.
Dis hoekom ek skryf – hierdie ongevraagde gedagtes, hierdie sketse op notas, hierdie klanke van ’n ongespeelde liedjie.
Dis hoe ek asemhaal in ’n wêreld wat gelyktydig te vinnig en te leeg voel.
’n Stille Protes Teen Betekenloosheid
Ek glo nie ek moet die wêreld red nie.
Maar dalk kan ek ’n klein liggie aansit in hierdie donker vertrek wat ander dalk ook laat wonder.
Ek wil die systeem bevraagteken. Beswaar teen die masjien en opstaan vir dit wat betekenisloos is.
Is daar nie tog méér as net meet, tel, betaal en herhaal nie?
Dalk is my werk nie groot nie. Maar dit’s eg.
En elke keer as ek weer skryf, al is dit net vir myself, bou ek ’n brug tussen wat ek doen en wie ek is.